“Weg is die vooropgestelde idees van stoer en ernstig, van koppig en heel dikwels dwarstrekkerig. Hier is ’n klein skeppie uit ’n groot poel van mense wat oor grense heen presteer het en dinge laat gebeur het, alles in Afrikaans. Afrikaanssprekendes is nog nooit so gevier nie …”
Bloei + Blom
R850.00
Bloei + Blom, ’n prag, volkleur, koffietafelboek in hardeband, is die breinkind van Nataniël.
-
Bloei + Blom, ’n prag, volkleur, koffietafelboek in hardeband, is die breinkind van Nataniël.
Dit bevat die stories van meer as 200 Afrikaanse baanbrekers en mavericks van die afgelope eeu – mense wat onopsigtelik, of skouspelagtig en ten aanskoue van die ganse wêreld grense verskuif het. Onder diegene tel uitvinders en entrepreneurs, skrywers en kunstenaars, sjefs, tuiniers, argitekte, wynmakers, botaniste en boere, modeontwerpers en operasangers, filosowe, opvoeders, medici en akteurs en nog vele, vele meer, geskryf deur meer as 70 joernaliste, bekende én onbekende skrywers, familielede, oudstudente of vriende.
Het jy byvoorbeeld geweet Louis Leipoldt het as ’n mediese student in Londen vir die beroemde Franse sjef Auguste Escoffier ’n waterblommetjiebredie gekook terwyl hy ekstra geld verdien het as skottelgoedwasser in die Savoy-hotel? Dat die klein Taliep Petersen pak gekry het vir sy gesloer na skool omdat hy eers vir die jazz-musikante deur die vensters van Distrik se Zambezi-restaurant wou loer?
Of dat Anton Rupert sy entrepreneurstande as die eienaar van ’n droogskoonmakery geslyp het; ’n jong Rassie Erasmus die Springbokkapteinskap van die hand gewys het omdat hy “te veel kuier”; Albert Einstein gereken het Jan Smuts is een van ’n hand vol mense wat sy relatiwiteitsteorie eintlik verstaan; en dat ’n internasionale danser soos Johaar Moseval, wat die verhoog met Margot Fonteyn en Rudolf Nurejef gedeel het, op sy sterfbed vir “lekke’ kos en lekke’ warme tea” sou vra …
Boonop word hierdie stories deur meer as 250 foto’s geïllustreer, waarvan enkele onder Nataniël se kreatiewe leiding spesiaal gestileer en geneem is as ’n bonus vir die leser.
Bloei + Blom is enig in sy soort. Afrikaans is nog nooit só gevier nie.
-
Gauteng-inwoners:
Indien jy in Gauteng woon, sal jy die opsie hê om die boek self by die Fairtree Atterbury Teater af te haal in kantoorure, Maandae tot Vrydae tussen 09:00–17:00, of dit via The Courier Guy direk na jou toe te laat stuur.Landswyd:
Sodra jy jou bestelling voltooi en betaal het, sal ons span dit binne 3–5 werksdae verpak en versend. Ons maak gebruik van The Courier Guy vir aflewering. Sleutel asseblief jou gekose afleweringsadres tydens die betalingsproses in, asook enige addisionele notas waarvan ons kennis moet neem.Jy sal ’n e-pos van The Courier Guy ontvang met jou ‘waybill’, nasporingsnommer en die geskeduleerde datum vir afhaal en aflewering.
-
ISBN: 978-1-928446-989
Beskikbaar by Bargain Books, Exclusive Books en enige goeie boekhandelaar.
“Bloei + Blom – ’n viering van Afrikaans hou op ’n heel ander manier fees ter ere van die feit dat ons taal 100 jaar gelede amptelike status gekry het. Die stories van meer as 200 mense word hier vertel en hulle het twee dinge gemeen: Hulle praat Afrikaans en hulle het groot sukses behaal. Natuurlik is daar duisende ander wat hiervolgens vir die boek gekies kon word …”
