Die Boek
Volgende jaar word ʼn pragtige, volkleur-koffietafelboek bekendgestel. Hiermee vier ons mense wat inspireer, grense verskuif, leiding neem, fassineer en ook Afrikaans praat. Mense wat dit nou doen of reeds geskiedenis gemaak het.
Sport, kuns, wetenskap, letterkunde, besigheid, tegnologie, geneeskunde, internasionale sukses – ons soek alles en almal. Die legendes en die tydloses. Die helde en die grootstes. En ons soek jou keuse. Ons wil jou graag die geleentheid bied om sulke individue onder ons aandag te bring. Maak asseblief gebruik van die spasie hier onder om ʼn legende voor te stel.